Reis deur die Nuwe Testament (pdf)

Reis deur die Nuwe Testament (pdf)

Regular price
R 100.00
Sale price
R 100.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 

PDF FORMAAT

Daar is nie ‘n ander Jesus nie.

Die Nuwe Testament is ‘n versameling geskrifte uit die eerste eeu ná Christus. Feitlik alles wat ons van Jesus Christus se lewe op aarde weet, kom voor in die vier Evangelies van die Nuwe Testament.  Dit verhaal die geboorte, lewe, bediening, lyding, dood en opstanding van Jesus Christus, die Seun van God, die Seun van die mens.

In die sinopsis van die Nuwe Testament word die basiese uiteensetting gevolg van Rose Publication se Overview of the Bible (New Testament). Die patroon wat deurgaans gevolg is, is:  Die naam van die Bybelboek;  ‘n tema vir die Bybelboek;  inleidende gedagtes rakende die betrokke Bybelboek;  temas en sleutelverse in die Bybelboek;  en ‘n agtergrond van die Bybelboek onder bespreking.  In die sinopsis van elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is gepoog om ‘n kort, beknopte samevatting of samevattende oorsig te gee van elke Bybelboek, terwyl aandag gegee is aan sekere onderwerpe.

Dwarsdeur die Evangelies toon Jesus Hom meer as net ‘n mens.  Hy was tegelyk waarlik mens en waarlik God.  Sy boodskappe, Sy dade, en Sy persoon roep elke mens tot ‘n beslissing.  Dit is ook die boodskap van die apostels en ander Nuwe-Testamentiese skrywers.